Wednesday, 22 August 2012

GARNAAL EN PYNAPPELKERRIE

GARNAAL EN PYNAPPELKERRIE: [ONTBYTSAKE]
Bestanddele:
3 1/2 k klappermelk
3 E seekos kerriepasta
2 E vars lemmetjie- of suurlemoensap
2 E tamarynsap
1 E ligte bruinsuiker
2 k gekapte vars pynappelstukke
250 g klaar skoongemaakte garnale
Metode:
Meng die klappermelk, kerriepasta, lemmetjiesap, tamarynsap en suiker saam in 'n pan. Laat dit kook en voeg die garnale en pynappel saam en laat kook vir 'n paar minute totdat die garnale gaar is. Bedien warm met basmatierys