Tuesday 7 August 2012

Langspeelplaat Vrugtebak



Naomi le Roux
Gebruik ou langspeelplate en maak hierdie oulike bak vir vrugte/soutigheidjies.

Maak die oond warm op 110°C. Maak n swart kol in middel op boom van n glasbak of staalbak of enige bak wat jy wil gebruik. Spuit die boom ronding met kleefwerende kossproei. Sit die bak in die oond en sit die plaat met die gaatjie oor die kol op die bak neer. Maak die oond toe. Laat die plaat smelt soos op foto. Dit neem net n paar minute. Haal bak versigtig uit en laat koud word op rak. Ek het muffins gebak en twee gemaak en dit as geskenk vir siek vriende gaan gee.