Monday 23 July 2012

Suurlemoen-papawersaadbeskuit





Suurlemoen-papawersaadbeskuit - Hannah Janse van Rensburg van Citrusdal

Hierdie resep is baie veelsydig – die papawersaad en klapper kan met rosyntjies, neute of enige ander bestanddele vervang word.

(Maak omtrent 50)

2,5 kg koekmeel
½ k papawersaad
½ k klapper
2 t sout
8 e bakpoeier
3 k suiker
1½ L melk
1 k suurlemoensap
gerasperde skil van 3 lemmetjies (of 1 suurlemoen)
750g botter, gesmelt

Meng die droë bestanddele (meel, papawersaad, klapper, sout en bakpoeier). Los die suiker op in die melk en roer dan die suurlemoensap en lemmetjieskil by. Roer die melkmengsel en die gesmelte botter in by droë bestanddele. Skep in lae oondpanne en bak 1 - 1½ uur by 180˚C. Haal uit, laat dit afkoel en sny in blokke. Droog uit by 100˚C. Verpak in lugdigte houers.