Monday 23 July 2012

Pof souttert


1 ui fyngekap
100 g sampioene (fyn)
12,5 ml kookolie
200 g gaar ham, spek, oorskietvleis of viennas
sout en peper na smaak
75 g botter of margarien
225 ml water
100 g koekmeel
3 eiers
75 g gerasperde kaas
50 ml sagte broodkrummels

Soteer die ui en sampioene in olie tot sag. Voeg vleis by, geur en hou eenkant. Verhit die botter en water in `n middelslag kastrol tot kookpunt, tel dan dadelik van die stoof af en klop die koekmeel by tot die mengsel glad is en nie meer aan die kastrol vasklou nie. Laat effens afkoel.
Klop die eiers een vir een by. Smeer die helfte van die mengsel op die boom van die gesmeerde middelslagskottel. Skep die vleismengsel bo-op en bedek met die res van die deeg. Meng kaas en krummels en sprinkel bo-oor. bak 25-30 minute by 425° F of 210°C tot goed uitgepof. Dien dadelik op.