Monday 23 July 2012

Gedroogde Lemoenskil





Gedroogde Lemoenskil - Hannah Janse van Rensburg van Citrusdal

Hierdie gedroogde lemoenskil kan in sjokolade gedoop word of in stukkies geknip word en as vrugtekoekmengsel gebruik word. Dit hou baie lank en vries ook good. Die lemoenskil kan ook dunner geknip word en as versiering op ʼn koek of tert gebruik word. Probeer gerus dieselfde resep met ander sitrusvrugte.


(Maak 2 k)

4 lemoene
2 k suiker

Was lemoene en rasper hulle liggies net om die olieselle te breek. Sny die bo- en onderkant van lemoene af. Sny lemoene se skil van stingelent tot nawel in lengtes en skil dit versigtig af in 4 tot 5 dele. Bedek dit met water en kook tot sag. Dreineer, en knip in dun repies.

Maak die stroop soos volg: Los die suiker in 1 koppie water op en verhit terwyl aanhoudend geroer word tot suiker opgelos is. Prut sonder om verder te roer tot die stroop ʼn sagte bal vorm as dit in koue water getoets word. Voeg skil nou in kastrol by stroop en kook vir 20 minute stadig tot amper al die stroop ingetrek is. Dreineer skil op growwe sif. Pak op rooster in die son en droog vir 2 dae of tot skille redelik droog is en nie meer klewerig nie. Pak weg in lugdigte houers