Tuesday, 17 July 2012

Spyskaart terme


Lettie Swarts het hierdie handige lys met ons gedeel.  Dis nou vir almal van ons wat wonder wat daardie "groot woorde" somtyds beteken:
KOOKKUNS EN SPYSKAART TERME

SPYSKAART TERME

A la Grecque: beteken volgens die Griekse styl . Groentes berei op die manier word met olie,asyn en speserye gegeur en koud voorgesit.
...

Al dente:’n Italiaanse terme vir pasta wat gekook is tot dit nog effens taai is.

A l’ancienne: is vis met witwyn

Amandine::met amandels gegarneer

Antipasto:’’n Italiaanse groente voorgereg (soms vis ook )ingemaak in asyn en olie


Aspiek :’n gegeurde jellie wat meestal vir garnering gebruik word

Au beurre :met botter gaargemaak of voorgesit.

Au bleu :vis in soutwater gekook en met groente ,kruie en witwyn of asyn gegeur.

Au naturel :kos wat eenvoudig en sonder byvoegings gaargemaak is.

Bain marie :’n bak met water wat net onder kookpunt gehou word en gebruik word om kos warm te houof vla en ander eiergeregte in te bak.

Béarnaise ryk gekruide witsous met eier.

Béchamel :Franse wit roomsous

Bedruip :om pansouse oor vleis te skep of te verf om vleis klam te hou tydens baktyd.

Bisque : ‘n dik, ryk soppuree gewoonlik van skulpvis berei