Tuesday 17 July 2012

Oorskiet lap idees

 
As jy oorskiet lap het wat jy nie weet wat om daarmee te maak nie.......hier is 'n paar oulike planne.


Naomie Page het die boonste fototjie idee geplaas op ons FB blad vir 'n oulike krans wat jy kan maak uit oorskiet lap.  Gaan pragtig lyk vir 'n voordeur oor kerstyd.

Of neem die lap, sny in vierkante, werk dit aan mekaar vas en siedaar jy het tuisgemaakte geskenksakkies.  Rond af met 'n lint en dit maak 'n baie spesiale geskenk net nog meer spesiaal.