Wednesday 25 July 2012

marmalade

Sydney Gerber se marmalade reseppie

Dis 'n baie eenvoudige reseppie. Sny die lemoen/pomelo in baie dun skywe. Hoe dunner hou gouer is hulle sag, maar dan ook nie te dun nie want mens wil mos die stukkies hê. Nou sny ek dit weer in wiggies (lyk dan soos kaas-wiggies) Al die stukkies wit en pitte knoop ek dan in 'n lappie toe, dis nou vir die pektien. Weeg en vir die selfde gewig gebruik ek dieselfde hoeveelheid water. 500gr - 500ml

Dit kook ek sag tot daai vuurhoutjie sagtgeit. Mens kan maar so bietjie water bygooi as dit rerig te drood kook. Sodra sag, kom dieselfde gewig suiker by. Hier gooi ek dan ook fyngemaalde gemmer in, (dis maar na smaak) Nou kom een van die botteltjies se deksels in die yskas....."jamtoets" As jy dan 'n druppel of wat op die koue deksel gooi en hy maak frommel op as jy daar-aan druk, is hy reg vir bietjie afkoel en dan bottel

-ja, ek is nie baie gepla oor die steriliseer van die botteljies nie...ons eet dit te vinnig op. 2 lemoene maak so 2 heuning botteljies marmalade.


O-ja...amper vergeet ek, die sakkie met pitte kom uit as die suiker ingaan!!