Tuesday 31 July 2012

Gebakte skorsies in die oond


Gebakte Skorsies  (Wenresepte) - vir ons ingestuur deur Helene Mol.

4 Skorsies
500ml melk
3 eiers
250 ml suiker
50 ml koekmeelblom

Skil skorsies. Weet die skil is soms hard, maar probeer maar. Sny in helftes en skep pitte uit. Kook ’n paar minute in soutwater net tot bietjie sag…..moet nog ferm wees.
Dreineer en rangskik in gesmeerde glasbak. Klits res van bestanddele gehalwe die kaneelsuiker saam en gooi bo-oor. Bak 45 min of tot gestol by 180 gradeC. Strooi die kaneelsuiker oor as dit uit die oond kom en sit dadelik voor. Lewer 6-8 porsies.

Dis ongelooflik lekker…..iets anders.