Tuesday, 31 July 2012
Duitse Jam tert / konfyt tert
Fredericka het ook vir ons hierdie heerlike resep gestuur en met so 'n kort beskrywing, kan dit nie te moeilik wees om self te maak nie.
300 gr. Meel - 2 drippels bitter Amandels - 1tl. Bakpoier - 1 Msp. fyn Naaltjies - 125 gr. Suiker - 1 tl. fyn Cinnamon - 3 Etl. Kakao - 1 Eier - 5 ml. Vanille essense 125 gr. Botter/Margarine - 1 Etl. Kersie-snaps - 125 gr. gemaalde Amandels.
Alle bestandele meng tot deeg, laat rus vir 30 min. met 2/3 deeg pan uitvoer, lekker Pruimedante konfyt op deeg, Deeg strepies of uit gedrukte figuurtjies bo-op plaas en tert bak, by 180° C vir 30 min in voor verhitte oond.
Indien geen Pruimedante konfyt beskikbaar glo ek dit kan net so lekker smaak met Appelkoos konfyt. Tert hou vir ´n paar weke. Guten Appetit!! (Fredericka Senftleben)