Michael Coetzee
... My eerse kennismaking met skuinskoek was op een koue wintersmiddag in Calvinia, toe die enigste oop winkel ‘n enkele Big Jack Pie, skaap afval, opgedress as kerrie en rys, en ‘n pakkie of drie skuinskoek gehad het vir ‘n honger gesin.
Dit was die laat 80′s. Ons was skaars uit die dorp toe ek my kerrie en rys oopmaak, en die pens le vir my en loer. Ek weet nie wie die grootste geskrik het, ek, of die karoobossies wat kerrie en rys uit die hemel gekry het nie!
Toe myself maar gewend tot die skuinskoek, en die donut/koeksister kruising heel aangenaam gevind.
Vandag het ek die resep raakgeloop, en plaas ek dit graag vir die avontuurustige kok – dit is nogal een van die dinge van SA wat mens moet eet voor jy die tydelike met die ewige verwissel. Dis net jammer dit is so ‘n streeksding, want naas die koeksister, is dit vir my wragtag ‘n heerlikheid so op ‘n winters agtermiddag.
SKUINSKOEK
2.5kg Koekmeel
10ml Sout
15 ml kitsgis
1l louwarm water
250g margarien
15ml anys
750ml suiker
Sif die meel en die sout saam wyl die gis oplos in ‘n bietjie van die lou water. Voeg die res van die water by die gis, en so ook 6 koppies van die meel. Meng tot dit ‘n slap deeg is. Bedek en laat rys op ‘n warm plek – die deeg moet 2 keer in volume toegeneem het.
Vryf die botter met die vingerpunte in die res van die meel. Gooi die anys en suiker by, meng goed en knie die suurdeegmengsel hierby in.
Gooi louwarm water by as die deeg nie lekker sag en hanteerbaar is nie. Bedek en laat weer op ‘n warm plek rys tot 2 keer die volume.
Knie die deeg af, neem balletjies deeg, rol dit in worse en sny SKUINS stukke van so 5cm lank.
Braai dit in olie tot goudbruin en dreineer op kombuispapier.
Bere in lugdigte houers in die yskas as alles nie met die eerste sitting verorber word nie. Ek het al skuinskoek teegekom wat met klapper bestrooi is