Tuesday, 19 June 2012

Lamsvleis-en-botterskorsiekerrie





(Idees)
‎'n Lekker "Lamsvleis-en-botterskorsiekerrie" vir vanaand


• 45 ml sonneblomolie
• 6 kardemomsade, gekneus
• 1 kaneelstokkie
• 1 kg lamskenkels
• 2 uie, gekap
• 8 ml fyngedrukte knoffel
• 8 ml gerasperde gemmer
• 10 ml elk fyn komyn, koljander en paprika
• 2 blikke heel tamaties
• 300 g botterskorsieblokkies
• 100 g droë appelkose
• 10 ml suurlemoensap
• 50 ml warm blatjang
• gekapte vars koljanderblare

1 Verhit 30 ml sonneblomolie in ’n swaarboomkastrol. Voeg die kardemom en kaneel by. Roer en voeg dan ’n paar stukkies vleis by. Braai dit totdat die vleis oraloor mooi bruin is. Skep die vleis uit die pan en hou dit eenkant. Herhaal die proses met die res van die lamsvleisstukkies.

2 Verhit die res van die olie en voeg die ui by. Soteer tot sag en gooi dan die knoffel, gemmer en speserye by. Braai vir ’n paar minute en gooi die tamatie by. Verhit tot kookpunt en skep dan die lamsvleis terug in die kastrol. Sit die deksel op en laat vir omtrent 1½ uur prut tot die vleis amper sag is. Voeg die botterskorsie en appelkose by en kook dit vir nog 30 minute of tot sag.

3 Roer die suurlemoensap, blatjang en koljanderblare deur.