Tuesday, 19 June 2012

Glutenvrye wafels





• 250 g (430 ml) glutenvrye meel
• 15 ml bakpoeier
• 15 ml suiker
• 350 ml melk
• 3 groot eiers, geskei
• 80 g (90 ml) gesmelte botter
• heuning of gouestroop om voor te sit
• dik room of vanieljeroomys om voor te sit

1 Meng die meel, bakpoeier, suiker en 5 ml sout saam in ’n groot bak. Maak ’n holte in die middel.

2 Meng die melk, eiergele en gesmelte botter goed saam. Gooi dit in die holte in die droë bestanddele en roer dit van die kant af in tot als goed gemeng is.

3 Klits die eierwitte tot dit stywe punte vorm en vou dit dan by die beslag in. Gooi ’n bietjie van die beslag in ’n warm wafelpan en braai dit tot goudkleurig en gaar. Drup heuning of stroop oor en sit voor met dik room of roomys.

(Idees)