Ooit gewonder of mens braai-aartappels in 'n mikrogolf kan maak? Wel ek het ook gewonder of dit moontlik is en toe op hierdie maklike resep afgekom:
Sny aartappeltjies in ewe groot blokkies en plaas in 'n bak wat geskik is vir jou mikrogolf. Sprinkel olyfolie oor die aartappels (net genoeg om hulle te bedek) en sprinkel die "seasoning" van jou keuse oor. (Enige geurmiddels, bv. sout, roosmaryn of enigiets waarvan jy hou.)
Meng die aartappeltjies bietjie deurmekaar om die sous en geurmiddels goed te versprei.
Bedek die bak met plastiek en mikrogolf op hoog vir 10 min. of tot die aartappeltjies gaar is.
Bedien.
(Ja ok dis nie Heeeeeeeeeeeeeeltemal dieselfde as in 'n oond nie, maar as jy 'n tekort aan tyd het, is hierdie 'n vinnige metode en dalk 'n oplossing waarvan jy hou.)
(Oorsponklike resep en foto van "What's cooking America")