Friday 18 May 2012

Slim plan vir die tuinier met min tyd.

Julle het al baie gehoor van “mulch”.  Hoekom en waarom sou mens dit wou doen? 
Wel hier is twee groot redes:


1)       As jy sukkel met onkruid in jou tuin, is ‘n goeie organise deklaag (bv.  fyn bas) ‘n wonderlike idee om jou ure se onkruid uittrek te spaar.  Bedek alle oop kolle tussen en rondom jou plante met ‘n goeie deklaag en dit sal verhoed dat die onkruid oorneem.
2)      Dit verbeter die gehalte van jou grond.  Soos die deklaag ontbind / “vergaan”, raak dit een met jou tuingrond en verbeter dit die gehalte wat weer sal sorg vir beter plantegroei in die volgende seisoene.
3)      ‘n Bonus rede is dat dit sommer die tuin in ‘n kits pragtig laat lyk.  As jy nie genoeg geld het om jou tuin met 400 plantjies toe te plant nie, of jy wil hê dit moet sommer onmiddelik prentjieboek mooi lyk nadat jy klein plantjies geplant het, gooi ‘n deklaag tussen jou plante.  Dit gee ‘n pragtige kontras in kleur en laat jou tuin onmiddelik versorg lyk.