Friday 18 May 2012

Rosyntjie mos Resep


Vir die regte egte boere mosbolletjie resepte benodig mens soetmos.  Iets wat nie altyd oral beskikbaar is nie.  Hier is raad:

Rosyntjie mos kan gebruik word in plaas van soetmos.  Hier is die resep hoe om dit te maak:
150 ml rosyntjies fyngekap
500 ml water
Voeg bogenoemde twee saam in 'n glaspot, maak toe en laat dit staan op 'n warm plekkie om te gis vir so ± 3 - 4 dae.  Wanneer die rosyntjies almal bo-op dryf weet jy dit is reg.
Gooi deur 'n sif om die rosyntjies uit te haal.

Nota:  Hou in gedagte dat hy nie heeltemal dieselfde gaan smaak het as met soetmos nie, maar dit is 'n alternatiewe opsie.  (Resep ejosi)