Monday 21 May 2012

Hergebruik ou glas potte en houers in 'n kits

As jy ‘n paar glas potte het wat net rondstaan en plek op neem, kan ons vir jou vandag ‘n paar oulike idees gee wat hulle sommer gou gaan omtower in pragtige dekor items en/of geskenke:


 
Rust-Oleum het ‘n produk “Frosted glass spray” wat jy op skoon glas spuit om die “frosted glass” effek te kry binne minute.  Dis maklik en enige beginner kan dit probeer.

Hier is ‘n paar idees:
1)   Ou klein glasies kan omtower word in T-light kershouertjies.
2)   Ou leë konfytpotjies kan verander word in houers vir lekkergoed, tee, koffie, suiker, speserye.  (Amper enigiets waar aan jy kan dink.)
3)   Jy kan leë glas bottels verander in pragtige badsout of badolie houers.  Versier met ‘n skulpie of lintjie en dit maak ‘n pragtige geskenk en ook badkamer versiering.
4)   Jy kan ‘n leë glas bottel verander in die mooiste lemonade koeldrankhouer.  Net betyds vir jou eerste lemonade wat jy van jou eie sitrus tuin oes gemaak het.
5)   En nog ‘n laaste idee is om ou glas bakkies waarvan jy dalk net een of twee in ‘n stel oor het te spuit met die “frosted glass spray” en dit dan te gebruik as seep bak houertjies in die badkamer of selfs vir potpourri in die sitkamer.

Shjoe met so baie idees, kan mens jou dekor teen ‘n minimale koste binne ‘n naweek opknap sodat die tydskrifte sal toustaan om fotos te kom neem.  J  Geniet die projek.  Dis groot pret.

Wenk:  As jy ‘n gewone glasbottel wil “omtower” in iets spesiaals, draai tou rondom die bottel.  Spuit met die “frosted spray” en laat droog word.  Wanneer jy dan die tou afhaal sal dit mooi spiral vorms maak rondom die glas.  Jy kan enigiets gebruik van lint tot plakkertjies tot kleeflint.  Gebruik jou verbeelding en geniet dit.