Monday, 7 May 2012
Skenkelpastei
Skenkelpastei - Boerekos
Bestanddele:
1,5 kg skaapskenkels genoeg water om te bedek 2 lourierblare
2 naeltjies
2 peperkorrels 1 takkie roosmaryn 1 gekapte ui 350 g sampioene 5 t olie 1 k water (of hoenderaftreksel) 4 E koekmeel
2 t mosterdpoeier 1 k melk ‘n halwe koppie gerasperde kaas (opsioneel) sout en peper na smaak
Metode:
1. Kook die skaapskenkels in water en speserye saam met die speserye.
2. Ontbeen die vleis en sny dit in blokkies.
3. Braai die gekapte ui en sampioene. Voeg die vleis en water by.
4. Verdik met ‘n mengsel van meel, mosterdpoeier en melk.
5. Kaas is nie ‘n moet nie; maar geur met sout en peper na smaak.
6. Skep in ‘n gesmeerde oondskottel en maak die slapdegie.
Slapdegiekors
Bestanddele:
1 koppie melk
1 koppie olie
2 eiers
400ml koekmeel
4 t bakpoeier
knippie sout
1 ui, in ringe gesny (vir versiering)
Metode:
1. Klits al die bestanddele saam en gooi dit oor die vleis.
2. Versier dit met uieringe.
3. Bak vir 25 minute tot goudbruin.