Monday, 7 May 2012

Pampoenkoekies





Pampoenkoekies - Boerekos

Bestanddele:


2 k gaar pampoenmoes
2 E suiker
2 eiers, geklits
¼ t sout
¾ meelblom
1 E bakpoeier
sonneblomolie om te bak

Metode:
1. Mens kan enige pampoen gebruik, sorg net dat dit droogkook.
2. Meng die gaar pampoenmoes met die suiker, kaneel, eiers, sout, meelblom en bakpoeier.
3. Skep lepelsvol in kookolie, bak tot goudbruin en strooi kaneelsuiker oor.

Die soet pampoenkoekies word op Genadendal as bykos bedien, maar kan ook as nagereg voorgesit word. Dit is een van ons staatmaker Boerekosresepte.