Friday 18 May 2012

Versier kollewyntjies (cupcakes) met marshmallows

Dis so maklik om kollewyntjies te versier met marshmallows (malva lekkers) sodat hulle lyk soos blomme.  Ideaal vir 'n dogtertjie se verjaarsdag partytjie:

As jy dieselfde effek wil kry as op die boonste foto, gebruik jy mini malva lekkers.  Sny hul in die lengte een keer middeldeur met 'n kombuis sker.  (Jy kan gekleurde jellie op die malvalekker strooi waar hulle deurgesny is om die verskillende kleure te verkry.)

As jy ietsie makliker soek, probeer die metode soos op die fototjie hieronder.  Dis net gewone malva lekkers wat ook deur gesny is met 'n sker.  Rond af met 'n "jellytot" in die middel.