Bestanddele: 500 g groenbone 125 g gekapte spek 250 g gesnyde sampioene 3 koppies witsous Aromat en swartpeper 1 gekapte ui Die helfte van ’n groot pak niknaks Gerasperde kaas. Metode: 1. Kook groenboontjies tot sag. 2. Gooi water af. 3. Braai spek, uie en sampioene saam. 4. Meng boontjies, uie, spek sampioene en niknaks saam. 5. Gooi die geurmiddel by en meng goed. 6. Meng 1/5 van die witsous met die boontjies. 7. Skep dit in ’n glasbak. 8. Gooi die res van die witsous oor en strooi die kaas oor. 9. Bak tot dit deur warm en die kaas gesmelt is. (8 porsies)
|