Tuesday, 8 May 2012

Kaaskoek

Vida Nell
Hierdie kaaskoek moet een dag voor bediening gemaak word. Dit is heerlik! (ryk, maar lekker!). Vergeet van Kj as jy hierdie maak!

Bestanddele:
1 pak Salticrax beskuitjies, fyngedruk
125 ml (1/2 k) gesmelte botter
15 ml (1 e) papawersaadjies
250g (1 houer) roomkaas
250g (1 houer) geroomde maaskaas
125g fetakaas, gekrummel
500 ml (2 k) suurroom
4 ekstra-groot eiers, geklits
15 ml (1 e) Dijon mosterd
125 ml (1/2 k) koekmeelblom
Sout en vars gemaalde swartpeper

Voorverhit oond tot 180 grade en smeer n losboom koekpan van 22cm met botter of bespuit met kleefwerende kossproei.
Meng beskuitjiekrummels, botter en papawersaad.
Voer bodem en kante van pan met krummelmengsel uit en verkoel.
Meng res van die bestanddele en geur met sout en peper.
Giet in voorbereide kors en bak ongeveer 1 uur lank tot stewig en goudbruin bo-op. Laat afkoel, ontvorm en bedien.