Tuesday, 8 May 2012






Jaco Redelinghuys
Spek-en-Eierpastei
Broskors
225g (400ml) koekmeelblom
2ml bakpoeier
knypie sout
100g (110ml) botter/margarine
87,5ml yswater

Vulsel
1 pak (250g) ontbytspek
4 eiers
50ml melk
sout en peper
4 – 6 klein tamaties

Voorverhit die oond tot 180grade.
Sit die meel, bakpoeier en sout saam. Frummel die smeer daarin. Sprinkel die water oor die meelmengsel en sny dit tegelykertyd met ‘n slaplemmes in. Druk dit aan mekaar om ‘n stywe deeg te vorm.
Rol die deeg dun uit op ‘n meelbestrooide deegplank. Plaas dit in n groot rolkoekpan van naastenby 30 x 20 x 2 cm. Sny die kante van die deeg af wat oor die rand van die pan steek. Rol die afgesnyde deeg uit en sny dit in smal strokies om die pastei mee te versier.
Sny die swoerd van die spek af en snipper dit fyn. Strooi dit op die rou kors in die rolkoekpan. Klits die eiers en melk saam en giet dit oor die speksnippers. Strooi sout en peper na smaak oor.
Plaas die deegstrokies ruitvormig bo-oor. (‘n Mens kan die strokies ook draai soos op die foto voordat jy hulle op die vulsel plaas.) Maak die punte van die strokies met water klam en druk dit teen die kors vas.
Sny die tamaties in dun skywe en plaas hulle tussen die deegstrokies.
Bak die pastei ongeveer 40 minute of totdat dit gaar is. Sit warm of koud voor. Lewer 4 – 6 porsies.