Meng saam 1 kg bruismeel,
300g klapper (1/2k)
200 ml suiker
5 ml sout
Vryf in 250g botter
Klits saam 2 eiers en 500ml karringmelk
Meng als saam tot n stywerige deeg vorm (gebruik n bietjie ekstra meel indien nodig.
Vorm in balletjies en pak styf teen mekaar in oondpan
Bak teen 180C vir ongeveer 30 min of tot bruin
Laat afkoel en breed balletjies uit mekaar. (ek sny myne gewoonlig n bietjie kleiner) Droog in oond of eet vars met bietjie botter