KAASSKONS IN JOU SNACKWICH
Jeanette van den Berg
Bestanddele:
4 eetlepels Olie
1 Eier¾ koppie Melk
1 koppie meel
2 Teelepels bakpoeier (kan bakpoeier uitlaat en Bruismeel gebruik).
1 ½ koppie Gerasperde Kaas
Metode:
Meng alles saam en dan maak jy dit in die “snackwich” gaar!
Sny oop en sit botter en sommer n groenslaai in …Heerlik!!