Cornè Van Zyl se Karringmelk beskuit resep:
1kg Bruismeel
2 kop karringmelk
1 kop suiker
250gr margarien
2 eiers
2 tl bakpoeier
knippie sout
Room margarien en suiker. Klits die eiers en voeg by. Voeg die karringmelk by en dan die droë bestanddele. Bak teen 180 grade vir ongeveer ‘n ¾ uur of tot gaar.