Lorinda het vir ons hierdie oulike idee op die FB blad gesit en voor jy dink alles gaan afgly, lees hier:
Jy neem gewone draadhangers, en ryg die kraletjies in, versier met strikkies en siedaar die geskenkie is klaar, MAAR om te verhoed dat jou klere af gly van die hanger af kan jy 'n groter kraletjie in ryg op die punte van die hangers waaroor jy dan die bandjies van bv. 'n romp kan haak.
'n Pragtige geskenk vir moedersdag of sommer vir 'n spesiale vriendin.