Monday, 7 May 2012

Couscous (4 resepe)

Santie Carelse

Couscous met groente
Bestanddele
250g couscous (voorberei in groente aftreksel)
50ml olyfolie

200g elk groen murgpampoen, geel murgpampoen, en wortels
200g mango
2 huisies knoffel
45ml grof gekapte pietersielie

Metode
Berei couscous. Roerbraai die groente in olyfolie oor medium hitte. Voeg die knoffel en pietersielie by en roerbraai vir nog 3 min. Roer die res van die olyfolie by die couscous. Voeg die groente by en meng. Bedien warm of koud..



Tersia se halwe seekos-koeskoes gereg

Bestandele:
2 koppies koes koes
2 veselperskes in blokkies gesny
1 kg garnale
Roketblare – opgekap

Metode:
Maak koes koes op gewone manier soos op die pakkie. Stoom die garnale gaar. Gooi al die bestandele bymekaar..



Kaneel Couscous
60 g dadels, ontpit en in repies gesny
45 ml amandels, grof gekap
250 ml water
n kwart teelepel kaneel
150 g couscous
30 ml olie
30 ml botter
90 ml lemoensap
sout en peper
komyn (jeera)

Kook die water en die kaneel. Voeg die couscous by en die olie. Verwyder van die hitte, bedek en laat dit staan vir 4 minute. Braai die amandels en die dadels liggies in 15 ml botter. Voeg die lemoensap by en geur met sout, peper en komyn. Roer 15 ml botter, in stukkies gesny, by die couscous. Vlok met twee vurke..



Greta Watson

Cous-cous slaai
Slaaisous:
100ml olyfolie
45ml vars suurlemoensap
10ml matige kerrie
15ml heuning2 knoffelhuisies gekap. Sout en peper
Meng als in toeskroeffles en skud goed tot gemeng
Kap 40gr droee appelkose en gooi sous oornag oor.
Kook 250gr cous-cous en voeg vlgde by:
1 rooi appel gekap
1 ui gekap
1 rooi, groen of geel soetrissie gekap 1 advokado gekap
100gr pekanneute gekap
crisp gebraaide bacon stukkies
Voeg al die bestanddele bymekaar er roer deeglik.