Monday 21 May 2012

Leipoldt se tamatiekos




(Boerekos)

Bestanddele:


1 kg ryp tamaties
2 groen tamaties
1 kg skaaprib
meel om te strooi
500 g uie
3 preie
1 E groengemmer
6 kardamompeule
1 t koljandersaad
1 E sout
1 t swart peperkorrels
½ t vinkelsaad
1 E vars tiemieblare
1 E vars marjolein
½ k knoffelblare
½ t gedroogde brandrissie
1 E blatjang
1 E bruinsuiker
½ glas rooiwyn

Metode:

Skil die tamaties en sny dit in kwarte.
Sny die rib in stukke en strooi met meel.
Braai die vleis, gekapte uie, preie en groengemmer in ‘n bietjie kookolie.
Voeg die kardamom, koljander, sout, peperkorrels, vinkel, tiemie, marjolein, knoffelblare en brandrissie by.
Sodra die vleis effe bruin word, kan die tamaties bygevoeg word.
Sit die deksel op en laat dit lank en stadig stowe.
Voeg die blatjang en bruinsuiker by en laat prut vir nog twee uur, dié keer met die deksel af.
Sodra die sous lekker dik is, voeg die halwe glas rooiwyn by, kook vinnig deur en bedien.