Monday 21 May 2012

Bokvleis (rugstring en boud)




(Boerekos)

Bestanddele:

’n handjievol gemaalde koljander
1 E sout
1 E kookolie
1 k kookwater
¼ k bruinasyn
2 E bruinsuiker
2 fyngekapte uie
2 knoffelhuisies

Metode:

Om bokvleis voor te berei, is eenvoudig.
Geur met ‘n handjievol koljander en sout.
Sit die vleis in die pot en voeg kookolie, kookwater en asyn by.
Jy kan ook ‘n bietjie bruinsuiker byvoeg as jy wil.
Nou kom daar uie en gekapte knoffelhuisies by. Sit die deksel op en wees rustig...

Slapdegie vir die rugstringpastei:

1 k koekmeelblom
8 t bakpoeier
1 t sout
8 E botter
4 eiers
2 k melk

Om die slapdegie te maak, sif die droë bestanddele saam.
Vryf die botter in.
Klits eiers en voeg die melk by.
Voeg die eiermengsel by die meelmengsel.
Roer dit totdat dit 'n gladde beslag is.
Gooi die deeg bo-op die warm vleis, en bak teen 200ºC tot goudbruin.  (Ongeveer 10 minute)