Cornè Van Zyl
Gepraat van lekker nagereg op die stoof gemaak. Hier is 'n lekker een vir die winter:
525 ml water150 gr suiker (190 ml)
1 ml sout
5 ml fyn gemmer
120 gr botter (125 ml)
160 gr fyn applekoos konfyt (125 ml)
10 ml koeksoda
180 g koekmeelblom (375 ml)
1 ml sout
Verhit die water, suiker sout en gemmer in groot kastrol. Roer gedurig tot al die suiker opgelos is, en bring tot kookpunt.
Smelt die botter in 'n ander kastrol en voeg die konfyt en koeksoda by. Meng goed. Voeg die koekmeel en sout by en roer tot die deeg nie meer aan die kante van die kastrol vassit nie. Skep teelepels vol van die deeg in die kokende stroop. Bedek die kastrol en prut vir ongeveer 10 min lank of tot gaar. Dien op saam met vla of room.
Ek het 'n variasie gesien waar jy 'n blikkie gemenge ingelegde vrugte in die stroop gooi voor jy die deeg inskep.