Tuesday, 8 May 2012

Souskluitjies in Stroop (op die stoof)


Sous:
750 ml (3k) kookwater
180 ml (3/4 k) suiker
2 ml (1/2 t) sout
7 ml (1 1/2 t) botter
7 ml (1 1/2t) kaneel

Kluitjies:
30 ml (3e) botter, gesmelt
3 ekstra groot eiers
100 ml meelblom
7 ml (1/2t) bakpoeier
2 ml (1/2t) sout

Metode:
Verhit al die sousbestanddele in n kastrol. Roer tot suiker gesmelt is en bring tot kookpunt. Meng die botter en eiers en klits goed. Sit die droe bestanddele en roer vinnig by bottermengsel in. Skep teelepels van die mengsel in die stroop. Bedek en prut vir 15-20 minute of tot gaar. Dien warm op. Genoeg vir 3-4 mense.