Thursday 17 May 2012

HOENDERLEWERS IN ROMERIGE RISSIESOUS

Wilna Dorfling

Lewer 4 - 5 porsies.

1 ui - gekap
2 knoffelhuisies - fyngedruk
2 klein brandrissies - fyn gekap
60 ml droë witwyn (¼ kop)
1 blik gekapte tamaties (410 g)
sout en vars gemaalde swartpeper - na smaak

250 ml room (1 kop)
30 ml soet rissiesous (2 el)
15 ml botter (1 el)
15 ml olie (1 el)
500 g hoenderlewers - skoongemaak
30 ml gekapte vars pietersielie (2 el)

Braai die ui, knoffel en rissies stadig in die olie tot die ui sag is.
Voeg die wyn en gekapte tamaties by, verhit tot kookpunt en laat prut tot dit met die helfte afgekook is.
Geur met sout en peper.
Voeg die room en soet rissiesous by, verhit weer tot kookpunt en laat prut liggies tot dik en geurig.
Terwyl die sous prut, verhit die botter en olie in ’n pan en braai die hoenderlewers tot goudbruin en net-net gaar.
Gooi die sous oor en laat prut ’n minuut of twee.
Sprinkel pietersielie oor en sit voor.