Thursday 17 May 2012

HOENDERLEWER’TJIES

Wilna Dorfling
Ek braai die uie
, bietjie knoffel
en spek stukkies,
sit dan sampioene by
... en dan eers die stukkies hoender lewertjies (so 2 houertjies).
Braai die lewertjies net liggies omdat jy nog die sousie moet bysit en gaar maak.
Vir my sousie gebruik ek
'nl eetlepel tamatie pasta gemeng met koppie warm water
, 2 t Nando's chillie sous (of na smaak)
en bietjie worchestersous.
Ek roer ook so 'n derde van 'n pakkie bruin uiesop of sampioensop poeier by om die sous te verdik. Ek maak dit sommer so na smaak maar dis ongeveer wat ek gebruik en die hoeveelhede.
Geniet dit!