Monday 21 May 2012

WIL-OPHOU-MAAR-KANNIE-POEDING

Mini Visagie

1 Pak Mariebeskuitjies
50 ml Appelkooskonfyt
500 ml Warm Vla
50 ml Klapper (gerooster)
Kruisementblare vir versiering

Metode:

Smeer die appelkooskonfyt op die beskuitjies en plak 2 koekies opmekaar.

Pak ‘n lag van die koekies in ‘n tertbak en giet van die warm vla oor.

Herhaal die lae koekies en vla en sprinkle die klapper oor.

Laat afkoel tot louwarm en versier met die kruisementblare.

(Genoeg vir 5 – 6 mense)