Wednesday, 30 May 2012

Hergebruik 'n ou bad in die tuin

‘n Faceboek vriendin het hierdie prentjie vir ons geplaas en onmiddelik het ek gedink dis iets wat elke kleuterskool net eenvoudig MOET hê…… 
Vra die mammas en pappas – dalk weet iemand waar julle ‘n ou bad vir goedkoop of dalk selfs verniet kan kry.  Hy kan selfs ‘n gat onder in hê want dit maak die dreinering net soveel beter.  Kry somemr twee en plant die een met vrolike blommetjies soos op die foto en gebruik die ander een om die kinders te leer van groente plant.  Hulle kan wortels, tamaties of enigiets plant wat hul later weer kan oes en wat in die kleuterskool se kombuis gebruik kan word.  Die voordeel van hierdie groente?  Dit kan 100% organies wees as julle geen gifstowwe daarop spuit nie.  Plant ‘n paar Afrikaner blommetjies tussen-in om die goggos in toom te hou en sommer nog meer te help met die vrolike prentjie. 
Ek dink die kinders sal mal wees oor hierdie idée !!!