Wednesday, 30 May 2012

Herfsblaar kuns

Soek jy ietsie om die kinders te leer van herfs of hulle dalk sommer net op ‘n pret manier besig te hou in die skoolvakansie?  Kyk die oulike idée wat ‘n facebook vriend met ons gedeel het…

Laat die kinders in die tuin soek vir mooi herfsblare (of dalk in die park).  Elkeen moet sy eie herfsblare optel en sorg dat hulle mooi skoon en heel is.  (Moenie vooraf vertel wat julle gaan doen nie.)  Hulle kan dan self hul verbeelding gebruik en die prentjies maak.  Dalk sien hulle ietsie in ‘n herfsblaar wat hul opgetel het wat jy nooit eers aan gedink het nie.  Dit kan lekker pret wees en jy kan dit vir hul in die kamer op plak as hul klaar is.  Julle kan selfs boekmerkies maak of verjaarsdag kaartjies met die herfsblaar prentjies daarop.