Monday 21 May 2012

Griekse Pastitsio

Vida Nell
Hier is n lekker maklike ete om te maak: Griekse Pastitsio.

2t sout
500g elmboog macaroni, al dente gekook
5 e botter of margarien
2 medium uie, gekap
500g maalvleis
2 blikkies tamatie sous
1 t sout
2 knoffel huisies, fyn gedruk
2 t fyn kaneel
3 e meel
2 2/4 koppies melk
3 eiers
Knippie sout
Peper
Neutmuskaat

Verhit 2 eetlepels botter in n kastrol en roerbraai uie tot ligbruin. Voeg by die maalvleis en braai tot net gaar.
Voeg by die tamatie sous, sout en knoffel asook helfte van die kaneel en prut vir n paar minute.
Spuit n oondbak met Spray n Cook en sit helfte van die macaroni in die bak. Bedek met die vleissous en versprei eweredig.
Gooi die ander helfte van die macaroni bo-oor.
Verhit die oond tot 180C.
Smelt die oorblewene 3 eetlepels botter en voeg meel by. Verwyder van die plaat en voeg melk by. (basiese witsous).
Meng geklitste eiers by die witsous en geur met sout, peper en neut.
Sprinkel oorblewene kaneel oor die macaroni en gooi sous bo-oor. Kap die oondbak liggies om die sous te laat afsak tot onder.
Bak vir 40 minute of tot die sous gestol is. Laat staan vir omtrent 10 minute voor jy bedien saam met slaai.
Genoeg vir 6 tot 8 mense.