Monday 21 May 2012

Elandpot


(Boerekos)

Bestanddele:

1 bottel rooiwyn
3 kg elandsvleis
1 kg skaapribbetjie
½ t fyn kruinaeltjies
‘n groot takkie roosmaryn
250ml asyn
1 k blatjang
2 gekapte uie
sout en peper

Metode:

Gooi rooiwyn in die swartpot en pak die vleis in.
Strooi die kruinaeltjies en roosmaryn oor, gooi dan die asyn, blatjang en uie by en geur met sout en peper.
Laat prut tot gaar.