Monday 16 April 2012

Poffertjies (Eclaires)

Santie Carelse het vir ons hierdie maklike reseppie gestuur:

POFFERTJIES
375 ml (1½ k) water
180 g Margerien
knippie sout
375 ml (1½ k) koekmeel
4 ekstragroot eiers, geklits


Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer bakplate.
Laat die water en margerien vinnig in ’n groot kastrol kook.
Verwyder van die hitte en voeg die sout en meel by.
Meng vinnig tot die mengsel ’n bol vorm en heeltemal wegtrek van die kante.
Laat afkoel tot koud genoeg om te hanteer.
Voeg die eier bietjie vir bietjie by en klits goed ná elke byvoeging.
Herhaal tot al die eier bygevoeg is.
Skep in ’n spuitsak en spuit hopies chouxdeeg op die bakplate.
Bak 10 minute, verlaag die hitte tot 180 °C en bak nog 20 minute tot goudbruin.
Druk ’n gaatjie in elk sodat die stoom kan ontsnap.
Laat afkoel op ’n draadrak.
Klits die room en versiersuiker saam tot styf.
Vou by die smeer in en vul die poffertjies daarmee.
Sif versiersuiker oor.
Lewer 5 dosyn klein poffertjies.

Wenk:   Die ''geheim'' is glo die inroer van die eiers. Die eier moet heeltemal heeltemal deur geroer wees voor die volgende ene ingeroer word. Ek het dit met n houtlepel gedoen en my arms was goed moeg hoor maar dit het gewerk!! (Santie)