Monday 16 April 2012

Herfs - Plant nou vir lente bloeisels

Hmmmm bly darem maar ongelooflik mooi - Al daardie bloeisels in die Lente.  As jy graag lentebloeisels in jou tuin wil he is dit nou die tyd om 'n boompie of twee in jou tuin te plant wat jou in oorvloed sal beloon met 'n blom-skouspel komende lente.

Herfs is 'n goeie tyd om 'n boom te plant vir 'n lente skouspel.  Dit gee hul net genoeg tyd om te vestig en goed aan te pas sodat hulle in lente mooi kant blom.  Besoek jou naaste kwekery en kyk bietjie na die groot verskeidenheid beskikbaar vir jou are.  Onthou die kwekerye in jou area waar jy woon, hou die bome aan wat gewoonlik goed sal aard juis in jou spesifieke area.  Vra hul dus gerus as jy nie seker is wat om te koop nie, maar moet nie komende lente spyt wees dat jy nooit daarby uitgekom het nie.  Sit dit in jou dagboek vir hierdie naweek en gaan soek daai spesiale lente-bloeisel boompie vir jou tuin.