Wednesday 11 April 2012

Tafel vir 'n koningin

Kyk net hoe pragtig.  'n Tafel geskik vir 'n koningin.  Bederf jouself en jou gesin met 'n mooi gedekte tafel.  Nee, nie 'n stywe storie met presiese uiteensetting nie.  Maak sommer 'n vrolike okasie van etenstyd.  Sondag of in die middel van die week.....hoekom dan nou nie? 

Net 'n mooi servet, 'n lint strik en 'n blom. 
Dis al wat jy nodig het om ook so 'n mooi prentjie te maak.  Rond dit af met 'n mooi tafeldoek en sommer vars vrugte in 'n mooi glasbak in die middel van die tafel en jy het 'n pragtige ontbyt tafel in 'n kits.
As jy nie 'n spesiale tafeldoek het nie, loer bietjie in die kas.  Dalk is daar erens nog 'n ou stuk kant materiaal wat jy kan gebruik.  Komaan.  Moenie wag vir spesiale geleenthede nie.  Bederf jouself vandag.  Jy gaan verseker 'n glimlag of twee sien in die vertrek, want wie kan dan nou al hierdie bederf miskyk?