Thursday 12 April 2012

Erna se TARAMISU TERT





















20 - 25 porsies

1) 10 ekstra groot eiers goed geklop. Maak gaar in ’n dubbelkoker tot dik. Hou aan roer.
2) Voeg 125 ml wit suiker by en roer stadig deur tot suiker opgelos is. Haal dit af van die stoof en klop dit tot koud.
3) Voeg 1 kg Mascarpone kaas by en klop tot glad en romerig. Hou eenkant.
4) Meng 1 liter sterk swartkoffie met 60 ml donker Rum- of 5 ml Rum geursel.
5) Doop 4 - 6 pakke X 150 g elk Boudoir beskuitjies in die koffiemengsel en pak dit onder in ’n groot gesmeerde vierkantige pan- of braaipan.
6) Bedek die koekies met n laag koue kaasmengsel - herhaal lae en eindig met kaasmengsel.
7) Bedek die pan en laat koud word in yskas vir 6 - 12 uur.
Garneer met sjokoladekrulle. Bedien met halwe aarbeie en gesifte versiersuiker. Baie lekker en.....dit maak nie vet...!!