Friday 23 March 2012

Kom sit aan vir Paasfees






















Versier jou tafel spesiaal vir die Paasmaal. Hang veelkleurige koekies aan ’n droë tak. Maak uit dodder (plantmateriaal by blomwinkels te koop) klein nessies waarin jy die Paaseiers rangskik. Pak ook stapeltjies stokkies en plaas sjokolade-eiers daarin.
Versier die eiers met jou mooiste linte. Om jou eie Paaseiers te maak laat die kinders jou help en blaas hoendereiers uit: Gebruik ’n eier-prikker en maak bo en onder ’n gaatjie. Wikkel een van die gaatjies groter met ’n dik naald. Gebruik ’n strooitjie en roer die eier stukkend. Blaas die eiers deur die kleiner gat by die groter gat uit, spoel skoon en laat droog word. Smelt sjokolade in ’n dubbelkoker en vul ’n spuitsak met ’n fyn punt. Maak die gaatjie aan die onderkant van die eier met wondergom toe en spuit vol sjokolade. Laat stol en dop ’n bietjie van die eier af. Rangskik dit in goudkleurige koekiehouers of eierkelkies.