Friday 23 March 2012

Pannekoek Lasange













Die foto is op In en Om die Huis se blad op facebook geplaas sonder 'n resep so ons prakseer ons eie een.  Hier is 'n basiese pannekoek resep wat jy kan gebruik.  Ek koop altyd by die basaar pannekoek sonder kaneelsuiker op, by die huis rol ek dit oop en sit waspapier tussen die pannekoek, nou kan ek hulle vries en gebruik soos benodig.



Basiese pannekoekresep
WegSleep #24 | Julie 2010
 
Jy benodig
(vir 10-12 pannekoeke)


  • 1 koppie koekmeel
  • 2ml sout
  • 2 ekstragroot eiers, geklits
  • 150ml water
  • 200ml melk
  • ½ koppie suiker
  • fyn kaneel

Só maak jy
Laat staan sulke dinge. Meng al die bestanddele behalwe die kaneel en suiker in ’n mengbak en laat dit vir 15-20 minute in die yskas staan.
Stap vir stap
1 Sprei uit. a Gooi ’n klein bietjie olie in ’n pan en versprei dit met ’n eierspaan oor die hele bodem.Wanneer jy dink die olie behoort nou warm te wees, kan jy ’n klein bietjie deeg ingooi om te toets.
2 Kant en wal. b Skep nou genoeg deeg in om die bodem heeltemal te bedek, maar probeer die pannekoek so dun as moontlik hou.
3 Moenie karring nie. c Ná 2-3 minute sal jy sien die deeg aan die bokant is nie meer klam nie en dan kan jy die pannekoek se onderkant met die eierspaan probeer loswikkel. As dit nog nie maklik loskom nie, gee dit nog ’n minuut of wat.
4 O-o-om-keer! d Nou kan jy die pannekoek met die eierspaan omdop.
5 Nar met ’n pan. Dit is maklik met ’n eierspaan,
maar meer pret as jy die pannekoek in die lug gooi sodat dit ’n bollemakiesie maak en weer in die pan land. Só doen jy dit: Hou die pan in jou sterk hand en laat sak die punt af grond toe. Die pannekoek sal begin vorentoe gly. Trek nou die pan met ’n vinnige beweging maar met ’n slap pols op na jou toe. Moenie sleg voel as die eerste paar op die grond beland nie; dit verg baie oefening!
6 Die laaste afronding. Skud ongeveer een teelepel kaneel oor die suiker en meng dit goed deur. Sprinkel dan ’n paar lepels van die kaneelsuiker oor die pannekoek, rol dit op en geniet!

WegSleep sê:  Doop die plat kant van ’n deurgesnyde aartappel in olie en smeer jou pan daarmee. Sógooi jy nie te veel olie in nie.

Pannekoek klaar gebak, hier is 'n basiese lasange resep, vervang die lasangevelle met pannekoek

Lasange

SARIE KOS Augustus / September 2011

Lasange 
(6 – 8 PORSIES)
  • 1 porsie maalvleismengsel (kyk onder op die blad)
  • ½ pak (250 g) groen/wit lasagnevelle (ongekook) vervang met pannekoek
  • 200 ml gerasperde laevetcheddarkaas
Kaassous
  • 80 ml laevet-margarien
  • 75 ml koekmeel
  • 625 ml vetvrye melk, warm
  • 1 klein ui, fyngekap
  • 20 ml hawersemels (oat bran)
  • 2 ml sout
  • varsgemaalde peper na smaak
  • 1 eiergeel
  • 200 ml gerasperde laevetcheddarkaas
Ontdooi bevrore maalvleismengsel in die yskas. Verhit oond tot 200 °C. Maak kaassous Smelt die margarien oor lae hitte. Roer meel by en kook 1 minuut lank. Roer die melk stadig by. Voeg ui en semels by. Bring tot kookpunt terwyl aanhoudend geroer word en kook witsous 2 – 3 minute. Voeg sout en peper by. Laat witsous effens afkoel. Voeg geklitste eiergeel en gerasperde kaas by en roer deur. Skep in ’n bakskottel afwisselende lae van die volgende: vleis, lasagnevelle en kaassous, herhaal die lae, en eindig met gerasperde cheddarkaas. Bak vir 20 minute tot kaas gesmelt het en lasagne warm is.

MAALVLEISMENGSEL

Ek sorg altyd dat ek van dié maalvleis in my vrieskas het. Ek maak die groot hoeveelheid aan en verdeel dit in 5 porsies. Daarmee kan jy dan lasagne, herderspastei, gevulde aartappels en spaghetti bolognaise maak, en dit selfs as vulsel vir die pizzas gebruik.
(5 PORSIES)
  • 20 ml kanola- of olyfolie
  • 4 groot uie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2,5 kg baie maer maalvleis
  • 2 blikkies lensies met sous
  • 4 wortels, gerasper
  • 6 selderystingels, gekap
  • 4 x 410 g-blikkies heel tamaties, gekap
  • 80 ml tamatiepuree
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 5 ml droë origanum
  • 5 ml suiker
  • hand vol gekapte pietersielie
Verhit die olie in ’n groot swaarboomkastrol en soteer uie tot sag en glansend. Voeg knoffel by en soteer
nog 1 minuut. Roer maalvleis by met ’n groot vurk om los te maak en roerbraai tot bruin. Voeg lensies, wortels en seldery by en roer deur. Voeg tamaties en vloeistof in blikkies en tamatiepuree by en geur na smaak met sout en swartpeper asook die oreganum en suiker. Verhit tot kookpunt en prut so 2 uur. Roer elke 10 minute. Verwyder van hitte en roer gekapte pietersielie in. Laat afkoel tot kamertemperatuur,
verdeel in 5 porsies en vries.