Sunday 25 March 2012

Koekies vir jou kattekind

Hier is 'n resep vir treats vir kieter. Ook 'n lekker manier om geld te maak as jy in 'n klein plekkie bly waar daar nie petshops is nie.

TUISGEMAAKTE KATHAPPIES (Sanchen Grobler)


125 ml gaar hoenderlewers
65 ml water
315 ml volgraanmeel
15 ml sagte margarien
65 ml gaar wortels, fyngedruk

Voorverhit oond tot 160 grade.
Meng die deurgaar lewer en water in 'n voedselverwerker. Meng die meel en margarien in 'n bak.
Voeg die lewermengsel en wortel by en knie die deeg tot 'n bol. Rol die deeg uit tot 6 mm dik en sny in stukkies/ vormpies. Plaas die koekies op 'n goedgesmeerde bakplaat en bak 10 minute of tot bros.