Friday 23 March 2012

Droog jou eie pietersielie


Die maklikste manier om pietersielie te bêre vir die winter maande, is om dit te droog en herfs is ‘n goeie tyd om ‘n bietjie voorraad op te bou.  Ek droog gereeld die pietersielie uit my kruietuin en die geur wat in die huis hang terwyl die oond aan is, is heerlik.  Dis ‘n baie maklike proses wat selfs beginner kokke met groot sukses kan doen.

Knip die pietersielie blaartjies af en verwyder so veel as moontlik van die steeltjies.
Plaas op ‘n bakplaat en sit in ‘n lou oond tot die pietersielie uitgedroog het. 
Jy kan maklik die blaartjies dan tussen jou vingers nog bietjie fyn maak tot dit reg is na jou sin en dan kan jy dit in glas flesse bêre tot jy dit benodig.

Die groen kleur bly baie mooi behoue en lyk meestal tonne beter as die wat mens in die winkels koop.

Wenk:  Onthou jou oond moet baie laag gestel wees  (net warm) anders kan jy die blaartjies brand en bly die kleur nie so goed behoue nie.  Jy mag dalk dan opeindig met ‘n klomp bruin blaartjies wat nie smaaklik in kos sal lyk nie.