Friday, 17 February 2012

Kerrievis: (beproef)

Wilna Dorfling


2 kg hake of enige vis stukke in meel gerol en in olie gebak
750 ml donker druiwe asyn
250 ml water
200 ml suiker
15 ml borrie
30 ml kerriepoeier
7 ml sout

15 ml swart peperkorrels
15 ml heel koljander
4 uie in ringe gesny
6 lourier of suurlemoen blare
2 brandrissies
4 dun skyfies vars gemmer
45 ml koekmeelblom
250 ml sultanas

1. Bring asyn, water, suiker, borrie, kerriepoeier, sout, peper en koljander tot kookpunt.
2. Voeg uie, blare, rissies en gemmer by. Bedek en prut 10-12 minute. Uie moet nog bros wees.
3. Pak vis, sultanas en uie in lae.
4. Meng meel met bietjie water, roer by sous en kook tot dik.
5. Giet sous oor vis en laat afkoel. Plaas in yskas.

Pak die kerrievis maar styf in of as jy die sous aanmaak gooi so ekstra bietjie van als by anders is die sous bietjies te min maar dis heerlike resep.