Tuesday, 21 February 2012

Bekostigbare en oorspronklike geskenk idees

Ek sit hierdie fototjie op want dit beskryf nou nogal perfek die idee wat ek vandag vir julle het.  Sien, dis mos altyd lekker om ‘n geskenk te kry wat “ANDERS” is.  Iets wat uit die hart kom.  Iets wat iemand spesiaal vir jou uitgedink het.  Wel hier is ons voorstel vir sulke oorspronklike en bekostigbare geskenk idees:


1)       Koop ‘n botteltjie ingemaakte “iets” wat mooi lyk, bv. ‘n glasbotteltjie  marmalade.  Skryf dan die resep vir bv. marmalade beskuit op ‘n mooi kaartjie en sit dit by jou verjaarsdagkaartjie, vir daardie vriend of vriendin wat so lief is vir beskuit.  As jy ‘n kranige bakster is, kan jy selfs ‘n klein pakkie beskuit insluit.

2)      Dit mag dalk vreemd klink, maar wat van ‘n heerlike vars tuisgebakte brood (kry by ‘n tuisnywerheid as jy nie self kan bak nie).  Sit daarby ‘n mooi afdroogdoek wat jy om die brood vasbind met raffia en heg die resep vir ‘n tuisgemaakte kaassmeer aan die kaartjie vas.  (Wie sal dan nou nie die wereld omdolwe vir ‘n varsgebakte brood nie?)

3)      As jy beet uit jou tuin inlê, gee ‘n potjie vir ‘n vriend of vriendin en heg daarby jou resep aan vir die inmaak van beet.  Op die fototjie hierbo is ‘n kaartjie op die rekenaar gemaak met ‘n prentjie van beet daarop.  (Jy kan dit ook doen met olywe, konfyt of letterlik enige iets uit jou tuin wat jy self inmaak / preserveer.)