Moet nooit heuning wat sandsuiker geraak het weggooi of in die mikrogolf plaas nie. Die heuning verloor sy goeie eienskappe in die mikrogolf. Hier is 'n beter metode:
Plaas 'n kastrol met water op die stoof en bring tot kookpunt. Haal van plaat af en plaas die houertjie met heuning binne in die kastrol. Laat dit so staan tot die heuning weer reg is.